Читать книгу Solank verlange die sweep swaai - Danie Marais - Страница 19

Kerngesond

Оглавление

Op my veertigste verjaardag

is my hart ’n swart moordkuil,

tog lyk dit of ek lustig

met my vrou en dogtertjie

in ’n moderne spookhuisie

in ’n netjies omheinde veiligheidsoord

in die middelklasweelde van die wynland woon.

Ons is klaarblyklik doodgewoon selfs

geseënd.

Solank verlange die sweep swaai

Подняться наверх