Читать книгу Solank verlange die sweep swaai - Danie Marais - Страница 6

Tjorts!

Оглавление

Die wêreld is alles

wat die geval is

het Wittgenstein gesê

maar ek en die gevalle alles

het mekaar verkeerd opgevryf jare lank

het ek my swart hart

kinderlik soos ’n vuis

vir revolusie gebal my tande

vir ’n ander wêreld

geslyp.

Maar op hierdie uitgewasde somerdag

met die stad wat soos opdrifsels

teen ’n Tafelberg vol littekens lê loop

my beker oor drink ek

van ’n dakkamer in Woodstock

op Het van Verlangekraal

en alles wat geval het.

Want o, hierdie bedroë wêreld met sy kleinlike oorloë

liefdesverklarings Klopsekore en skelm pastore

ís my vervalle woning

hierdie stukkende lewe met sy

Verspeelde lente sy Rain Dogs en daai honde wat blaf

by die hekke van paradise, ja, net hierdie lewe

met sy Madame Bovary’s horries bergies

en botteltjies blou gee ons

’n perverse meesterstuk

ons daaglikse brood –

die groot onheilige mis voor

die son.

Solank verlange die sweep swaai

Подняться наверх