Читать книгу Solank verlange die sweep swaai - Danie Marais - Страница 15

Die Orrelis

Оглавление

By die begrafnis

van ’n sagte man

wat hom opgehang het aan

die relings van sy balkon met die uitsig

oor Tafelbaai

spook ’n ou psalm

trap en slaan die Orrelis

die wit en die swart

tot die vaal rokerige sang

van sy gemeente

styg en val

styg en val

donker longe

die Groote Kerk

in en uit

in en uit

want wanneer

sy gewyde blaasbalk dreun

hef jy aan, broer,

vals suiwer sag hard

of tjoepstil weerbarstig na binne

maar jy sing soos ’n sirene

“Wees stil en weet”

jy bulk soos ’n mishoring

“Ek is die Heer”

tot jy nie meer kan nie

of die orrel

stop

Solank verlange die sweep swaai

Подняться наверх