Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 11

Storm

Оглавление

Soos ’n kind met ’n grashalm

die mierleeu treiter uit sy skag,

só hits die wind

’n grysgrou wolkbank aan

tot ’n simbaal die stad oopkraak,

en ’n vrou die luike digtrek

in ’n kamer waar ’n man

halfblind en sonder taal

al veertien jaar haar oog wil vang –

net sodat sy moet weet

dat hy die klam reuk

en die gesuis van reën onthou.

Leiboom

Подняться наверх