Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 20

Agapanthus africanus

Оглавление

bloulelie, krismislelie, keiserskroon

kandelaarblom, kroonblom, Nyl-lelie

ganskop

Verknotte eelterige risoom,

ek droom al van die volgende seisoen

wanneer ’n groen sambreel

sal oopsprei oor jou wortels,

dan sal jou staanplek in my tuin

bevestig wees.

Oktobermaand sal jou regop steel

uitreik na die son;

skutblare wat jou kroon toevou

om nuwe groei

sal oor die grasperk wegwaai

as wit en blou rosette

soos vuurwerke in beddings oopbars –

’n tuinparty, ter viering van jou blomtyd.

Leiboom

Подняться наверх