Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 12

Laokoön van die Bosveld

Оглавление

Piet Moshidi vertel van sy ryk oom

vér in die noorde by Tshifulanani

en sy geveg met ’n luislang in die veld;

hoe die ondier met sy uitgestrekte lyf

hom stowwerig-blink geoffer het.

’n Slee met twee osse is van die huis laat haal –

die kinders angstig oor die “groot slang”

waarvan hulle dikwels droom,

veilig teen ’n ma se warm bors.

Stukkie vir stukkie is die twee-en-twintig voet

verhandel aan sangomas

om ’n buitekombuis aan te bou vir die hoofhuis

en ’n deposito op ene Smit se bakkie neer te sit.

Piet vertel ook van die hoë heining

om bok en hoender uit die werf te hou,

en as nagedagte

van die blink, skubberige beursie

in sy oom se binnesak.

Leiboom

Подняться наверх