Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 16

Vlug

Оглавление

Blink soos buit

pêrel jou kropgruis oor die teer;

jou uitgetrapte lyf is filigraan

met vere uitgewaaier –

het jy hier kom wei of vlerksleep?

Maar jou geringde poot verklap ’n wedren:

was jy in ’n skommelende mandjie

op pad na die olyfboord by Prins Albert,

toe losgelaat om met jou oerkompas

noordnoordoos koers in te slaan

op windstrome as enigste metgesel,

en het jy in ’n rekordtyd

ná duisend kilometer

die stophorlosie-klik gehaal?

Leiboom

Подняться наверх