Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 18

Verkenning

Оглавление

Ek wil elke stukkie bodem van my tuin leer ken:

weet waar om snywurms vir janfrederik uit te haal,

sien hoe akkedisse in ’n Lilliput-wêreld

stil soos krokodille langs die maalklip lê –

ontdek waar sandlelies gelukkig is

en my hond haar afdraai maak.

Die roete van swart miertjies wil ek volg

tot by die spens se suikerpot,

die waterfiskaal se skuilplek in die heining soek

en wonder oor kinders wat hier gespeel het

as ek nóg ’n albaster blinkvryf uit ’n modderkluit.

Uit die flenters wit-en-blou porselein

en die hondegraffie by die pomeloboom

wil ek iets wys word.

Soos ’n prospekteerder sal ek my brokkie aarde sif,

sy omtrekke van hoek tot kant verken.

Leiboom

Подняться наверх