Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 15

Laatherfs

Оглавление

Blare dwarrel patrone oor die grasperk

soos afgeleefde kelims uit Beyşehir.

Miere maak hul binne tuis,

dool klewerig in gange,

wag die winter in.

Voëlneste waar kleintjies

krop gesoek het

hang leeg en uitgerafel.

Die oggendlug het dun geword.

Leiboom

Подняться наверх