Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 6

Sandloper

Оглавление

Miniatuurwoestyn in glas

gesuspendeer waar die bergwind

jou nooit sal plooi of karteer,

geen mens of dier

jou sandwêreld ooit sal spoor nie;

klein metronoom van die ewigheid,

ook jy sal mettertyd verweer

en uitloop op jouself.

Leiboom

Подняться наверх