Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 7

Waterskeiding

Оглавление

vir Dirk Visser, geoloog

Douvoordag se mis en newels

vind neerslag tussen gras en klip,

sypel drupsgewys deur veen en sloep

tot ’n straaltjie bergaf tregter –

eenkant toe Gariep, seekant toe uThukela.

Deur valleie oor millennia verder

word die holkrans-sandsteen

deur stroom en versnelling losgerol

na sandbanke ver hiervandaan gespoel

waar die bergwind asem skep

voor hy terugwaai land toe,

sy vrag ongemerk oor duine

neersif en die spoor

van strandlopers versteen.

Leiboom

Подняться наверх