Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 19

Tuinfragment

Оглавление

Weet jy dat kiewiete snags

hier in die tuin kom wei,

en duisendpote duisend maal gly

oor gruis en spriet, altyd op weg

na die einde van ’n reis?

Soos jasknope lê hul in die maanlig

tussen klip en blare ingewig,

tot die oggendson hul pantser ooprol

en elke duisendpoot van nuuts af

loslittig, voel-voel reis.

Leiboom

Подняться наверх