Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 9

Reën in die Wildtuin

Оглавление

Stapelwolke oor die Lebombo’s

word ’n Pierneef-stasiepaneel.

Die veld begin roer as ’n stuitige bries

die onderrok van ’n haak-en-steek opwaai

waar ’n jakkals sy pote lê en spaar

vir die nag se aas, voor die reuk

en die hoepellag van hiënas,

dan hier, dan daar,

hom sal lei na ’n uitgetrapte staning

waar blouwildebeeste

boud teen boud om kalwers laer trek.

’n Sweepslag dryf die reën al nader

tot dit witgrys neersif, sag soos melkdoek

bly hang die mis oor struik en gras.

Leiboom

Подняться наверх