Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 8

Karoo

Оглавление

Oral tekens van die oertuin

in ’n handbyl, been en visfossiel.

Diep groen kuile waar meerminne

geheime aan die Khoi influister

het lankal tot klip versteen.

Nou kaats eindelose lugspieëls

die stilte van eeue –

tot ’n dwarrelwind

skuins oor die paradysvloer dans.

Leiboom

Подняться наверх