Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 14

Vlieënde mier

Оглавление

Maande, jare selfs, wag jy

in doolgange van die ondergrond

op tyding van koel reënwater

wat syfer deur lae klip en grond

om die bros stof te knie

tot vermolmde aarde;

tot dié teken

jou uiteindelik boontoe lok

na die klam lug

waar jy jou prisma sprei –

kortstondig vry vlieg

voordat jy halfmas

tussen voorruit en reënveër knak.

Leiboom

Подняться наверх