Читать книгу Leiboom - Eunice Basson - Страница 13

Gariep

Оглавление

by die dood van ’n hond,

vir Estelle Marais

Haar voorsate het die Tuileries verken

op Sondagmiddagwandelinge,

by Versailles kinders vermaak

met pompom-pote wat soos ’n saalperd

hoogtrap oor die kweek,

en ’n haardos wat die hof se pruike

stylvol naboots.

Maar geslagte later

was sy ’n skaapwagter soos min,

ruim van gees soos hierdie veld

tussen klip en noorsdoring

in die Oos-Karoo.

Haar oë later troebel,

met net af en toe ’n blaf

het sy gelê en wag

op ’n klepel wat belofte inhou.

Toe niemand kyk nie

het sy op ’n dag doodluiters

weiveld toe uitgestap.

Leiboom

Подняться наверх