Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 26
Wat ver is en naby
ОглавлениеAmsterdam, stad van my hart,
ek het geleer om buite jou te leef,
om hier ver van jou gelukkig te wees,
maar ek het jou opnuut nodig, groothartige,
noudat ek hom gevind het.
Ek wil hê dat jy ons veilig in moet sluit
want onder hierdie hemel hoort ons liefde nie:
daarvoor is die lig te skerp, staan die bome te bloot,
leef die huise te naak.
Vir my vreugde wil ek jou klokkespel hê,
vir my hartseer jou draaiorrel,
vir sy mond jou baie skemertes
en vir waar ek sag is en deurdringbaar
die kolk van gragtewater onder jou vele brûe.
Kom verlos my van die eindelose somer,
kokon my in jou herfs,
spin my toe in jou silwer winter
en gee my ’n lente soos joune
dat hy my nie te vas wil hou nie
en ek hom ook weer sal laat gaan
soos jy jou donsveer-dae