Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 31
Kindskap
ОглавлениеEk is klaar met die liewe kind,
ek belet haar my huis.
Ek is soos die Hollandse Dolle Minas
voortaan baas in my eie buik.
My rol van die Engelse nanny is uitgespeel:
Mother to all, wife to no-one.
Die laai bly leeg aan suigstokkies.
Ek bêre nie meer ou koppies
vir modderkoekies bak nie.
Ek laat hulle skreeu “Wolf, wolf hoe laat is dit?”,
maar ek hardloop nie meer saam nie.
Ek is ’n wolvin
beroof van die kleintjies
wat ek nooit gehad het nie:
die skaapsklere wat ek dra,
is van ’n growwer vesel.