Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 32
Woordspel i
ОглавлениеJy het my eenmaal beskuldig
dat ek hang aan woorde;
ek moet erken: speels, byna-liefdevol
in soverre jy in staat was
om my lief te hê.
Goed dan, ek hang aan woorde
bo die afgrond van my bestaan:
ek speel daarmee en ek spoeg dit uit
en ek ken alleen die wraak van woorde
as hulle met my owerspel kom pleeg
tot my redding en my reinheid telkemaal.