Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 27
Die dag van môre
ОглавлениеHier sit ek met my bankrotskap, lief,
ek het my aan jou gegee
nie om my rykdom nie
maar om die armoede van ons albei.
My hart alleen was nie voldoende nie:
jy het hom reeds gehad
en in die donker kronkels van my gees
was jy al toegelaat.
Nou sit ek opgeskeep met al my nugter ure,
die son het my uiteindelik gesalueer:
ek het my goed gedra vandag,
gedoen soos mense van ’n ander mens verwag,
maar nou, nou moet jy na my toe kom
om my vir môre te monster en vermom.