Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 21
Affodille
Оглавление’n Week gelede het hul geel gestaan, die narcissen,
nou drentel ek half-verleë met my kamera
by die uitgeblomde plein waar net hier en daar
’n goudgeel kelk nog gretig sy weerkaatsing soek
tevergeefs bokant die donker grond
wat nooit weer die eerste helder water word nie.
Volgende jaar sal ek betyds kom
om hulle te red vir my plakboek,
want deur die gedig kan hulle
sedert Wordsworth ongelukkig nie meer leef nie.
En hulle het nog altyd ’n spieël nodig
soos almal wat alleen is en eensaam liefhet.
Buitendien raak die ware skoonheid
ten slotte altyd op homself verlief.