Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 11
Meermin
ОглавлениеOntydige loseerder, wat soek jy hier by my?
Weg, jy met jou strandhuisslordigheid!
Jy dra sand oor my drumpel in
en kyk vir my uit ’n gebarste spieël.
Jy wil my dwing om die liefde rond te dra
soos die onnosel meermin van Hans Andersen –
ewige pyn in haar mensebene
waar ’n visstert en reënboogvinne was.
Verspot dié parodie
soos die golwe se dreuning in ’n skulp.
Wat knars jy soos ’n meeu by my
om ’n verlore liefde?
Gaan eet vrot visse op die strand.
Kyk, ek gee jou vir die see present.