Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 19
Parys met Pase
ОглавлениеVir Pierre
Nou is alle eiers betowerd,
die hase sit die winkelvensters vol
en bo dit alles: skitterende sonskyn
oor die koepels en die triomfboë.
Ek staan in die tuin
van die Rodin-museum,
kyk oor sy gebukte denker
tot by die Invalides
waar Napoleon rus in sy praalgraf.
’n Entjie weg verskyn ten oordeel
die ses burgers van Calais,
tou om die nek, met leë oë,
doodsbereid as net hul stad gespaar kan word.
In hierdie lentedae is Parys
my opstanding en hemelvaart,
maagdelike stad, meisie van die Seine,
verkrag op die Place de la Bastille
en wie-weet-waar tot ook by St. Michel
– “Boul’ Mich” van die studente, heerlike boulevard –
waar teer gegooi is oor die mooi keistene
sodat niemand weer ’n klip kan optel
vir ’n nuwe revolusie nie.