Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 13
Kuur vir die kuisheid
ОглавлениеOns kan alleen swaar dra:
tasse, boeke, leggers
en agter ’n lessenaar voer ons vlot gesprekke;
ons kan ook werklik praat, byna in enige geselskap tuis,
en boonop van mens tot mens,
veral met mans wat minder seks-begaan
graag diskusseer oor Beethoven, Picasso, Baudelaire.
Maar snags hou die matras
– ons kan die beste tog bekostig –
sy vere volgens waarborg stewig
teen die smeking van ons lyf
en begin ons middeleeus-verspot te droom
dat iemand môre dalk ’n meiboom voor ons venster plant