Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 15
Hooglied vir die oorlewende
ОглавлениеHul het die blou parkiet laat swyg,
’n grys doek oor die kou gehang.
’n Kelkiewyn is in Fiskaal se spens gebreek
En op ’n vuurpyl voor die ruit
was Jangroentjie sy hele wysie kwyt.
In die neutetuin blom die granaat,
die suurlemoene in die groen word lig,
dan skielik langs Kanariestraat
piet-tjou-tjou opnuut die pyn.