Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 10
Slotsom
ОглавлениеOm jou lief te hê, is meer
as om ’n versreël te skandeer:
die ritme van jou neus en ken
sal hom nooit aan ’n metrum wen.
Jy is dieper, verder as die sin
wat agter woorde lê
en jou geslote hande stiller
as die stiltes tussenin.
Jy is geen poësie en geen musiek,
dus moet ek jou vry van ontleding laat.
Goddank, geen bundel kan ’n aanspraak maak,
geen resensie of vertolking jou besit.
Om jou lief te hê, is anderkant waardering en kritiek.