Читать книгу Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies - Страница 33
Woordspel ii
ОглавлениеLiefhê maak taal onnodig
maar verkwansel op die lange duur
ook meer as woorde:
jy en ek word ontklee
tot die ewige hy en sy –
minder as onsself.
Daarom herstel tot
my eie doodgewone liggaam en gesig
waarna op straat
niemand om sal kyk nie
kan ek begin om in my eie toevallige taal
eiesoortig te haat
dat ’n lang wolwefluit my uiteindelik agtervolg.