Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 110

Slaap

Оглавление

D.F. Malherbe


1 Wat is die slaap ’n wondersoete ding!

2 Sag op haar bloue oë daal die vaak

3 soos maneskyn diep waterkuile raak

4 om daar te droom in silwer skemering.

5 Vir laas beef oor haar lippe ’n fluistering:

6 “Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,

7 wat drome soet tot werklikhede maak:

8 in vaderarms rus my lieweling.

9 Sluit so my oë, God, wanneer vir my

10 u Engel wenk ter laaste, lange rus

11 en ek van wilde woeling hier moet skei;

12 dat my dan stille drome huis toe sus

13 en sterke Hand deur duisternisse lei.

14 Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

(Uit: Groot Verseboek. Tafelberg. 2000)


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх