Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 130

Pitkos Die paragraaf en die skakeling van paragrawe

Оглавление

 ’n Paragraaf bestaan uit ’n aantal sinne wat saam die kerngedagte ondersteun. Die sinne vorm dus ’n eenheid, omdat hulle met mekaar verband hou. Dit is belangrik om te onthou dat ’n paragraaf net een kerngedagte besit.

 Sinne van die paragraaf moet só gerangskik word dat dit op mekaar volg; daarom moet daar aandag aan aaneenskakeling geskenk word.

 Die kernsin of sleutelsin kan die eerste sin van die paragraaf wees, of dit kan in die middel van die paragraaf of aan die einde van die paragraaf geplaas word.

 Die ander sinne in die paragraaf ondersteun die kernsin, m.a.w. al die sinne brei hierdie kernsin uit.

 Al die sinne in die paragraaf moenie ewe lank wees nie.

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх