Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 128

Pitkos

Оглавление

’n Paneelbespreking is wanneer ’n groep sprekers saam ’n saak bespreek waaroor navorsing gedoen is. Daar is ’n voorsitter of leier wat die ander lede voorstel en die bespreking lei.

 Die paneel bestaan uit een verteenwoordiger van elke klasgroep.

 Die paneellede moet voor in die klas gaan sit. Hulle moet regop sit en vriendelik optree. Dit moet lyk of hulle weet waarvan hulle praat.

 Elke paneellid kry ’n kans om sy groep se standpunt te stel.

 Ná elke groepverteenwoordiger se spreekbeurt kan ander leerders hom/haar met vrae peper.

 As hy/sy nie die vrae kan beantwoord nie, mag van die ander groeplede help.

 Die voorsitter moenie te veel praat nie. Die onderwyser kan as voorsitter optree om toe te sien dat elkeen ’n spreekbeurt kry en dat julle mekaar nie in die rede val nie

 Lede moet mekaar in ag neem en saamwerk.

 Praat gemaklik en duidelik en gebruik keurige, suiwer taal.

 Humor kan gebruik word.

 Moenie langdradig wees nie. Kom dadelik tot die punt.

Gaan soos volg te werk:

 Verdeel die klas in groepe van ongeveer vier tot vyf lede.

 Doen navorsing oor die onderwerp.

 Besluit wie julle in die paneel gaan verteenwoordig.

 Kies ’n voorsitter as die onderwyser nie as voorsitter gaan optree nie.

 Die paneelbespreking kan 10-15 minute duur.

 Maak aantekeninge van wat elke groep gesê het, asook tot watter gevolgtrekking julle gekom het. Jy gaan die aantekeninge nodig hê wanneer jy ’n verslag oor die bespreking moet skryf.


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх