Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 116

In hierdie aktiwiteit gaan jy

Оглавление

 die doel, teikengroep en inhoud van die teks ondersoek

 hoofgedagtes identifiseer en verduidelik hoe besonderhede dit ondersteun

 hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde, koppelwerkwoorde, voegwoorde en deelwoorde herken en gebruik

 oplet na woordorde

 tydsvorme gebruik.

In die vorige aktiwiteit het jy van die gespierde gewigopteller gelees. So ’n persoon moet nogal fiks wees. Lees nou die volgende artikel oor fiksheid aandagtig deur en beantwoord die vrae. Slaan die betekenis van die woorde in skuinsdruk na en skryf die woorde in jou persoonlike woordelys.

Fiksheid

Het jy geweet dat gereelde oefening geweldige voordele vir jou en jou liggaamlike gesondheid inhou? ’n Mens se gesondheid het met jou hele menswees te doen. Dit help jou om goed te voel oor jouself, oor wie jy is en hoe jy voel.

Een ding moet ’n mens besef: Dit verg inspanning om gesond te bly. Jy moet genoeg rus kry, maar ook genoeg oefening doen. Verder moet jy deeglik let op jou eetgewoontes: ’n Gebalanseerde dieet is noodsaaklik. Sorg dat jou liggaam van binne skoon bly. Dit kry ’n mens reg deur matig te drink, nie te rook nie en ongesonde kos te vermy.

Nou vra jy seker: Hoe bly ’n mens fiks en waarom word daar soveel klem op oefening en fiksheid gelê? Kom ons kyk

Jou uithouvermoë (stamina) word gebou. Oefening versterk ook jou spiere en maak dit beweegliker. Jou gewig word ook onder beheer gehou, omdat jy meer energie verbrand.

Selfs jou hart en longe baat by oefening. Jou bloedsomloop verbeter en jou longe kan ook ’n groter volume suurstof inneem.

Verdere voordele is ook dat jou soepelheid verbeter, omdat jou gewrigte rek.

’n Baie belangrike uitwerking wat gereelde oefening op ’n mens het, is die feit dat jy meer positief, aktief en goed voel. “Goed-voel”-endorfiene word vrygestel.

Omdat dit bydra tot die vermindering van stres en depressie, kan niemand dit ontken nie: Oefening is ’n móét vir elkeen van ons.

(Verwerk van: www.mieliestronk.com)

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх