Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 121

Deelwoorde

Оглавление

Deelwoorde word afgelei van werkwoorde, maar kan as verskillende woordsoorte in sinne gebruik word. Byvoorbeeld:

 Die kraan drup aanhoudend. Die druppende kraan moet herstel word (b.nw.).

 Die kinders sing in die saal. Die singende kinders klink mooi (b.nw.).

Hierdie deelwoorde met ’n -ende as agtervoegsel word teenwoordige deelwoorde genoem. Die handeling is nog nie afgehandel nie. (Die kraan is besig om te drup en die kinders is besig om te sing.)

Wanneer die handeling voltooi is, word ’n verlede deelwoord soos volg gevorm:

 Ek kerf die biltong. Nou het ek gekerfde biltong.

 Ek kook die rys. Ons eet gekookte rys.

Let op: ’n Agtervoegsel -te of -de is agteraan die werkwoorde gevoeg.

Wanneer die woord nie ’n letterlike betekenis het nie, word die klinker in die werkwoord verander. Byvoorbeeld:

 Wanneer dit voel asof my hart gebreek is, het ek ’n gebroke hart. (My hart is nie regtig gebreek nie; ek is net baie hartseer.)

Beantwoord die taalvrae wat op die leesteks gebaseer is:

1. Skryf die volgende sinne wat in die teks “Fiksheid” voorkom oor in die verlede tyd:

a. Dit help jou om goed oor jouself te voel.

b. Dit verg inspanning om gesond te bly.

c. Hoe bly ’n mens fiks?

d. Oefening versterk ook jou spiere.

e. Jou longe kan ook ’n groter volume suurstof inneem.

2. Stel die vyf sinne by vraag 1 in die toekomende tyd.

3. In sin 1 van paragraaf 1 is ’n hulpwerkwoord gebruik wat die hoofwerkwoord help. Skryf die hulpwerkwoord en die hoofwerkwoord neer.

4. “ ’n Mens moet een ding besef.” Skryf die hoofwerkwoord neer wat saam met die medewerkwoord “moet” gebruik word.

5. Gebruik die volgende sin: “Jou bloedsomloop verbeter.”

a. Voeg ’n hulpwerkwoord in sodat die sin in die verlede tyd is.

b. Voeg ’n hulpwerkwoord in sodat die sin in die toekomende tyd is.

c. Voeg ’n medewerkwoord in sodat die sin ’n opdrag is.

d. Verander die sin sodat dit ’n versoek is.

e. Verander die sin nou na ’n bevelsin.

6. Gebruik die voegwoord tussen hakies om die volgende sinne te verbind.

a. Jy moet gereeld oefen. Jy kan gesond voel. (sodat)

b. Jou hart en longe kan meer suurstof inneem. Jou bloedsomloop verbeter. (omdat)

c. Jy moet gesond eet. Jy moet ook gereeld eet. (maar)

d. Moenie rook en drink nie. Hou so jou liggaam van binne skoon. (en)

e. Oefening is noodsaaklik. Dit dra by tot vermindering van stres en depressie. (want)

7. In paragraaf 2 en 4 is voegwoorde onderstreep. Skryf in albei gevalle die sinne sonder die voegwoorde in twee losstaande sinne neer. Let op na jou woordorde.

8. Voltooi die volgende sinne deur jou eie sin ná die voegwoord te skryf.

a. Ek sal gebalanseerd eet, omdat . . .

b. Jan oefen gereeld, sodat . . .

c. Gert sê dat . . .

d. Petro eet genoeg vrugte, maar . . .

e. Jou spiere word versterk, want . . .

9. Voltooi die volgende sinne waarin die koppelwerkwoord gebruik word.

a. Hy lyk

b. Sy word . . .

c. Ons is . . .

d. Die atlete lyk . . .

e. Hulle word . . .


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх