Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 88

Flagellant

Оглавление

Êrens was ek ontrou aan jou, heilige verband

van son en water, boom en lyf, gesternte en plant,

dis alles droef, die son se laaste meeldraad bewe

in ’n blom en heel die skemerende wêreld is verwond.

Ek het my van ’n soet geselskap afgewend

– wat my bevriend het in die vroegste dae, ek nog ’n kind –

toe ek ter wille van jou wonde, Christus, Christus,

vlerk en lied en lig in hierdie liggaam skend.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх