Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 93

Huis vir bejaardes

Оглавление

Hera sukkel met water-oë

en al die gode het klein geword

ook dié wat van Marx en Christus nie weet nie

onsosialisties ongeletterd nie bid nie

verwese wonder in hulle kalk-are

waar hulle brille is die koerant

en die ou altare en die sterflike verpleegster

byna woedend weerligte wil wens.

En prewel. Toe kom Bramante

en kyk sy dom van hulle rûe af

en weg in ’n woerts. Lepeltjies

klingel in hulle bewerige tee.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх