Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 92

Desibel

Оглавление

Alles leef gekramp in ’n eie noodsaak:

die adolessent klap met die boude van sy hande

teen die stomp tafel en jou luidrugtig

op die maat van ’n popmusiekplaat.

Die ouma peul byna blind

na ’n beeldradioprent

en ek skreeu geluidloos al my kontinente

se agonie uit ’n penpunt.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх