Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 97
Portret van M.E.R.
ОглавлениеWat sien ’n mens? Die gesig van ’n vrou
of liewer, die kop van ’n vrou, want
dít is wat dwing: die kop, verstand,
al haar trekke deur die gees gedissel;
vlakke veelsinnig wat sluit en wissel
som ’n lewe saam in die kop van ’n vrou.