Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 94

Groen reën

Оглавление

Ek sit in my huis waar rondom die reën

om uit sy geruis ’n vers te versin;

die groen ruit stroom, ’n merel borrel

in die groen geheimenis van ’n struik;

die miljoenende stad loop wyd en syd

soos verwaterde bloed

en het niks aan my wat warm en dig

kleure bekyk en klanke beluister:

o maar dis julle wat bleek

dis julle wat stom

dis julle wat koud

dis julle wat met

opgeloste soekende kontoere

huis toe kom

in die kloppende vastheid van my woorde.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх