Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 87

Athena

Оглавление

Alles wat vertikaal gekeep is

die kat se oog, die boude, die vrou

se geslag, dwing geheimsinnig

klipskeur wat lok in ’n donker in

bevolk deur die verbeelding

die gespikkelde uil vlieg uit

gaan sit op die nok

van die stad wat sy gestig het

orde om die olyfboom

beskerm en neem waar: Athena:

oorlogskorrespondent wat die stryd

van die gene dophou (onder die dak)

en roep – terug na die klipskeur toe? –

by elke sprong vorentoe in die sel

by elke nuwe vonk hoër op in die filum

en opwindender roep by geslaagde

mutasies – en geslaagde sterftes

wanneer die skerpsinnige siel

lewensvatbaar, instap in die lewe.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх