Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 73

Die geel kombuis

Оглавление

Die geel kombuis wat smôrens en saans

van jong lawaai so vol is as van sy lieflike geel

en sy lig en sy goudbruin hout

het ’n ronde wit marmertafel en bruin erdewerk

en blomme

en ’n roomwit bord met ’n singende voël daarop –

wat ’n oudheid is – teen die muur om die geel

kombuis te betower soos in ’n sprokie vir kinders

die geel kombuis is vrolik

die geel kombuis is bourgeois

en die slap-geskilderde voël

sing met sy snawel oop.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх