Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 72

Tant Emily van Oom Naas

Оглавление

Tant Emily van Oom Naas

was ’n Juno van ’n vrou:

Rubens kon haar geskilder het –

Sy was wat mens sou mollig noem

maar statig, regop, lank,

en blakend pienk en met ’n goue kop

en altyd in “die ander tyd”:

“Dokter het gesê”, en “toe sê dok vir my”,

Tant Em was byna onbeskaamd gesond.

En elke kind was ’n seun met wye blóú oë,

ook die enetjie wat in ’n visdam verdrink het.

“Ag jong, dit lyk my dat ek sommer vanself so raak”;

sy was dus gou getroos vir die enetjie wat dood is.

“Ag Taffy,” vir my ma, “kyk tog die dahlia,

net soos ’n mooi vrou wat uit haar bad uitklim.”

Oom Naas was maer en goedig en het sy Em verwen

en sonder klagte haar diëte saamgeëet –

hy was die sterweling, die uitgekosene,

en sy die immer-somerse godin.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх