Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 77

Maria

Оглавление

Jy het aan die voet van sy kruis gestaan

doodstil, doodstil,

jy kon van smart amper vergaan

doodstil, doodstil,

jy was so bleek soos Hy daar bo

doodstil, doodstil,

daar was geen trane in jou oë:

doodstil, doodstil

het jy die swaard in jou hart verduur

so stil, so stil

Moeder van God, tot jou laaste uur.

En stil, so stil

het toe die engel op ’n nag gekom

en sag, so sag

jou stralend teruggegee aan Hom.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх