Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 79

Die verwaarloosde

Оглавление

Hy sien my deur die venster raak

staan stil op die gras met sy bier en glas

en wink en weet nie dat sy skouers effens krom vandag . . .

maar dan is alles reg, my hart kan half vergeet,

ek verder werk, sy eensame bottel bier en glas

sy skouers, tydelik vanmiddag opgelos

want hy het my meteens gerusgestel en weet dit nie,

met die klein banier van ’n Spaanse lag.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх