Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 74

Sprokie

Оглавление

Ek het die loodregte rots geklim

met ’n skottel eiers en ’n beker melk

’n beker melk en suiker en meel

van my ma wat woon in baksteen

en toe in die klipgrotkamer gekom

die see-nat nael in die rots se buik

en die ou vrou ouer as ouderdom

sien sit op ’n omgekeerde fuik.

Geagte Hera hier is ek met eiers en melk

en suiker en meel dalk vir ’n koek

trap beduie die gans in die hoek

en trap beduie die bruin koekoek

gaan sê vir jou ma die offer is goed

maar sê die gode het afgetree

sy wys my weg met ’n mummiehand

en ek gooi die koekgoed weg in die see.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх