Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 69

Die gesig

Оглавление

Duiselig dof van son en pyn

kyk Job op, en sien

verwonderd God deur die lande

loop met sy dogtertjie aan die hand

druk in gesprek, en hoe sy tóé met

’n skielike vreugdekreet

vorentoe dans met agter haar aan

hondmak aan ’n lintjie, Leviatan.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх