Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 67

“Full of potatoes”

Оглавление

Ook vir hom was aartappels vroeër net

stysel en suiker in kalorieë omgeset

vir driftig leef en af en toe ’n gedig,

tot Christus die stofwisseling gewysig het:

toe uit die klooster-aartappels vlam wit

en hoog afgrondelik Thomas Merton:

’n vuurgetonge sindeurtastende gebed.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх