Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 91

Geamputeerde

Оглавление

Ek word wakker, beveg

die dag en my gedagtes,

neig na die nag terug

waar ek vergeet

waar ek nie hoef wéét

hoedat die liggaam wat so sag

in die bed lê, leuenaar bed,

so sag en so lig

onherroeplik verander het –

o ek sal weet

as ek my skielik ophef

en swaai uit jou, bed,

vloer toe, en steier, gryp –

o ék sal besef.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх