Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 95

Trein in die nag

Оглавление

Ek hoor ’n trein ver fluit

sien weer vakansie-plakkate

van die jare dertig: Come to Port Elizabeth

op stasies van my nostalgie –

’n Kind soos ek met emmertjie en graaf

en ouderwetse baaikostuum

nooi ons rooiwangig uit om saam

te speel in son en bloute en branderskuim.

Net dit is winter en ons reis

vannag na Middelburg, Transvaal

maar Come to Port Elizabeth en Hoëveld

sing ritmies saam ’n onaparte towertaal.

In die kompartement die beddens

oopgevou, komberse S.A.S. en S.A.R.

en die ovale spieëltjie blinkend met

weerskant diep nag, winklig, windpomp en ster . . .

Het iemand in ’n droom my toe vertel –

ek in ’n sluimering tussen rooi sinjale gesus –

dat ek soos die efemere plakkate

anachronisties hier vakansiekind net is?

Dat Middelburg en Come to Port Elizabeth

soos papiertjies uit die vensters weg sal waai

tot net die hart se windswael nog

oor hierdie donker landskap draai.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх