Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 90

Semana Santa

Оглавление

Woensdag. As.

Al wat oorbly van my jaar

smeer dit ín in die verwate hoof.

Donderdag. Donker. Dit reent.

Ek was magteloos by sy geseling.

Die pruim en die amandel bloei

wit wonde wat ween in die water.

Ons noem dié Vrydag goed –

Hy kreun in die wind –

magteloos eet en drink ek saam

wit sagte vis en wyn . . .

daar is sous aan my servet

aan Veronica se doek

sweet en bloed.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх