Читать книгу Voetstoots - Annelie Botes - Страница 30

23. Nommer Een kan gaan skool loop in Japan
26 April 2016

Оглавление

’n Kennis van my is getroud met ’n Japannese vrou. Destyds het hy daar gaan onderwys gee, en gebly. Sy stories oor Japan laat my aan sy lippe hang. Veral as ’n mens dink Japan het min natuurlike hulpbronne, word deur aardbewings en tsoenami’s geteister, en vyf-en-twintig persent van die bevolking is afgetree. Tog het hulle die tweedegrootste ekonomie ter wêreld.

Japannese verouder stádig en leef gemiddeld tot op vyf-en-sewentig voordat skete en kwale begin intree. Aan die wortel hiervan lê gesonde eetgewoontes. Vis, groente, sojadisse, rys, groentee. Daarom is Japan een van die lande met die laagste vetsugvoorkoms. In buffetrestaurante is vergryp ongewoon. Alhoewel ’n ryk nasie, het hulle geen huishulpe nie. Ouers hanteer die huishouding. Hulle het ’n werkloosheidsyfer van net sowat drie en ’n half persent.

In ’n kind se eerste ses skooljare word hy onderrig in die etiek om met mense om te gaan. Geen eksamens in die eerste drie jaar nie. Karakterbou word hoër geag as eksaminering.

Kinders en onderwysers spandeer daagliks vyftien minute aan skool skoonmaak. Dit vestig nederigheid en ’n sin vir higiëne. Kinders kry tradisionele etes by die skool, en dit neem ’n kind nagenoeg ’n halfuur om sy kos te eet, ter wille van behoorlike vertering. Op ’n mediavraag hieroor, reken die owerhede: Hierdie studente is Japan se toekoms. Die kinders móét ook ná ete hul tande borsel en vlos.

Higiëne is ’n topprioriteit. Vullisverwyderaars word higiëne-ingenieurs genoem en moet ’n eksamen slaag voor aanstelling. Hulle verdien sowat USD 6 000 per maand. Honde-eienaars moet áltyd sakkies saamdra om uitskeiding op te tel. Versuim daarvan is krimineel. Eerbied vir stiptelikheid is ’n gegewe. Daarom is die koers vir vertraagde treine nagenoeg sewe sekondes per jáár. Die gebruik van selfone op treine, in restaurante en publieke binne-areas is verbode.

Japan het ’n openbare vakansiedag, naamlik Dag van Eerbied vir Bejaardes. Families pas hul oumense soos fyngoud op. In busse en treine is kennisgewingborde wat mense versoek om hul sitplekke aan bejaardes te gee. Omdat grond skaars is, word nege- en-neëntig persent Japannese ná afsterwe veras. Die ashouers word in ’n familiegraf gebêre. By grafte is ’n posbussie ingebou waarin besoekers briewe of kaartjies kan sit om familie te verwittig van ’n huldigingsbesoek aan die oorledene se rusplek.

Na die atoombomontploffing in Hirosjima het die Japannese volk binne tien jaar die stad tot sy ou glorie herstel.

Nommer Een moet oorweeg om met taksgeld dáár te gaan skool loop.

Voetstoots

Подняться наверх