Читать книгу Uit die Beek 2019 - Barend Vos - Страница 48

Sondag 10 FEBRUARIE 2019 Lees Jesaja 6:1-8

Оглавление

Heilig is Hy!

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit … (v. 1).

Sommer net so. Ek het die Here gesien, sê Jesaja. En hy het bly leef. Ten spyte daarvan dat die Here destyds aan Moses gesê het niemand wat Hom sien, sal dit oorleef nie (vgl. Eks 33:20).

Dalk was dit nie regtig “sien” nie; dalk was dit iets soos ’n droom. Oor die God met die groot kleed op die hoë troon en die serafs met die vele vlerke wat sing: Heilig, heilig, heilig …

Jesaja was daarvan oortuig dat sy einde aangebreek het. Veral nadat die serafs se uitroepe ’n aardbewing ontketen het. Hy is ’n sondaar, sug hy beangs, ál sy woorde is onrein. “Dit is klaar met my!” roep hy uit (v. 5).

Toe nié. Dit was maar die begin. Want toe onderbreek een van die serafs Jesaja se lofgesang en kom raak met ’n vurige kool aan sy mond en sê: Jou mond is nou gereinig, en jou hart.

Nou kon hy begin om na die moeilike opdragte te luister wat die Here vir hom het.

Só, lyk dit my, begin alle knegte se dienswerk vir die Koning: by ’n ontdekking van hul eie onreinheid voordat hulle dit kan waag om ander aan te praat. Hulle leer: Erken eers jou eie onheiligheid sodat jy besef hoeveel dit die Opdraggewer sal kos om jou hierdie roeping waardig te maak. Sodat jy deernis kan hê met hulle na wie jy gestuur word. Begrip. Sodat jy jou preke só kan begin: “Ek was ook hier, ek ken onheiligheid. Maar toe het God …”

Heilig, heilig, heilig is Hy!

____________________

U ken my hart se wonde, U ken die leed oor al my sonde. Maar U kom en reinig my.

Uit die Beek 2019

Подняться наверх